tag:blogger.com,1999:blog-49591117428180312102024-03-18T20:06:53.685-07:00afrikaansinskotlandEk is Afrikaans en bly in Skotland.Mdavcahttp://www.blogger.com/profile/00248275435988551115noreply@blogger.comBlogger17125tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-15584380541637874072012-03-26T12:07:00.003-07:002012-03-26T12:07:56.553-07:00Afrikaans is nie meer in Skotland nie, maar agtervolg my gerus na KalifornieëMdavcahttp://www.blogger.com/profile/00248275435988551115noreply@blogger.com3tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-41161500886814695572011-07-06T08:25:00.000-07:002011-07-06T08:25:41.481-07:00Friends with benefitsDie welsynstelsel in die UK is om van mal te raak as jy uit 'n land soos Suid Afrika kom. Kan jy jouself indink, dat die regering vir mense kos, klere, blyplek, geld én sefls dwelmmiddels gee as jy 'onbevoeg' is. Die welsynstelsel is ook ongelukkig een van die redes hoekom die Britte deesdae so ontevrede met immigrante is. 'n Onlangse nuusopskrif lui:
British to jump housing queue-Councils in the UK will be allowed to give local people priority ahead of immigrants in a shake-up of the way homes are allocated
Na aanleiding hiervan word die indruk geskep dat arme Britte honger, dors en dakloos gelos word terwyl slegte, ondankbare, lui immigrante al die voordele voor hulle inheemse neuse wegraap. Nie heeltemal nie.
Ons is nou al ses jaar in die UK, en ons kwalifiseer nie vir 'n enkele benefit nie. Ons kan nie 'n huis van die council kry nie, ook nie elke maand 'n kindertoelaag nie (ja, régtig! Hoe's dit vir n incentive om kinders te kry. En as jy 'n enkelouer met 'n baba is, kry jy amper onmiddellik council housing.) Ons kry ook nie spesiale afslag by universiteite nie, en....
Ek het nie regtig 'n probleem met die feit dat ons nie vir hierdie voordele kwalifiseer nie-ons is nog steeds tot 'n groot mate dankbaar vir die geleentheid om hier te kan leef en werk. Wat my keer op keer opval is hoe ons goed-opgevoede vriende onder die indruk is dat ons wel al dieselfde benefits as hulle kry. Meeste is eers geskok en dan outraged, ek meen, hoe kan goeie, bydraende, opgevoede, wel....NICE mense soos ons nie benefits kry nie??!!
Ons ken ook 'n egpaar wat 'n lewe maak uit fostering. Hulle het drie van hulle eie kinders, maar hulle maak hulle bestaan deur vir fosterkinders te sorg. 'n Goeie ding, en hulle is goeie mense, maar hulle kry 'n ongelooflike hoeveelheid ponde elke maand om na afwisselende groepe kinders om te sien. Die man, Flip*, is nogal stewig, ahem, kug-kug. Maar onlangs hier vir 'n besoek vanuit hulle huis op een van die eilande, daag hy op, skraal en stralend.
"Sjoe, hy lyk goed," mompel K, my skoonsuster.
"Ja, hel, wonder wat hy gedoen het?!" mompel ek terug en vat onwillekeurig aan die slap maagvelle wat maar net nie wil skuif na die baba se geboorte nie.
Ons kyk altwee na hom met afguns en wens ons het die selfbeheersing om so drasties te oefen en dieet, obviously, om soveel gewig te verloor.
'n Paar dae later bel K my.
"Flip, jy weet, wat so verslank het?" vra sy, "Weet jy hoe het hy dit reggekry?"
"Oefening, dieetverandering, power of positive tinkering?" wonder ek.
"Uh-uh," kekkel sy. "Hy het vir 'n stomach reduction operasie gegaan in België!!!"
Een van die dae gaan mens dit ook op benefits kry.Unknownnoreply@blogger.com3tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-80483228799151743882010-08-26T03:40:00.000-07:002010-08-26T03:48:19.977-07:00Slapeloos in Skotland
Slapeloosheid. Die vloek van die moderne mens. Die euwel van ons tyd. Die ondier in die plesier. Slapeloosheid suig.
Ek het gisteraand genoeg geslaap, die dat ek meer alliterasie gebruik as gewoonlik. Ek lei al van jongs af aan slapeloosheid. Die eerste keer wat dit regtig onder my aandag gekom het was die aand voor my eerste Jool. Ek kon nie slaap nie, 1uur, 2uur, 3uur...Ek het die aand by vriende oorgeslaap en hulle het een van daai fancy alamstelsels wat afgaan sodra dit bewegings raaksien in die huis, en ek het nie die kode gehad nie. Ek sal nooit vergeet hoe ek in die klein kamertjie rondgerol en gedraai en gesit het nie, doodmoeg maar te opgewonde om te slaap. 'n Jaar of so later sou ek vir 'n week lank nie slaap nie, maar dis 'n ander storie.
Slapeloosheid laat jou aaklig voel en lyk. Selfs ek, wat nie besonder baie slaap nodig het nie, verpes die gevoel van onderliggende vaalheid wat 'n nag met min slaap opvolg. Kleure is minder helder en my geheue is so sluggish soos 'n slak wat deur diep modder aansukkel. My vel is sonder enige sprankel en oor die algemeen is ek baie meer moerig. Ek vermoed dat ek mawees vir so lank uitgestel het omdat ek nie besonder lus was vir die slapeloosheid wat babatjies bring nie. My baba het aanvanklik goed geslaap, en toe baie sleg begin slaap, en toe begin ek ook ophou slaap. (Niks is so goor soos om wakker te lê terwyl jou baba slaap nie). Dit was donker tye, saam met die donker van sneeu en winter, maar mens kom op 'n manier daardeur.
Ek het al baie navorsing oor slapeloosheid gedoen. Die nuutste navorsing bewys dat mens minder slaap nodig het soos jy ouer word, en dat 5 tot 6 ure se slaap 'n nag heeltemal genoeg is om te funksioneer. Jou gesondheid behoort nie daaronder te lei nie, wel jou gemoed (moerig, issigrimmig ens.) Mens kan deesdae na slaapklinieke gaan met spesiale slaapspesialiste wat allerhande goed kan diagnoseer. Groot besigheid, is slaap. Ek het selfs uit desperaatheid 'n kursus gevolg wat belowe om jou slapeloosheid FINAAL te oorkom, maar ongelukkig het dit nie gewerk nie.
In die vroeë oggendure is dit stil soos 'n droom buite. In die Somer sien ek soms die krimpvarkie in ons tuin rondsnuffel. Die lug het 'n besondere vars kwaliteit en soms skyn die maan so helder soos 'n buitelig. Jou brein maak wilde draaie in jou verlede en toekoms, maar huppel oor die hede. Vrede voel buite bereik, maar om vrede te maak met die slapeloosheid is ongelukkig die enigste manier om weer soet aan die slaap te raak.Unknownnoreply@blogger.com5tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-52741350265380987362010-08-21T12:06:00.000-07:002010-08-21T12:06:18.923-07:00NuustakEk het nooit besef nuus is so interessant nie. Nie die inhoud nie, maar die nuus agter die nuus. In Suid Afrika het ek meestal die Pretoria News of Beeld gelees, want my pa het dit in ons huis laat rondlê. In my jeugdige onkunde het ek eers later ontdek dat, alhoewel die stories in beide koerante min of meer dieselfde was, die invalshoek en uitgangspunt van elke publikasie verskil het. So verskillend soos Tiger Woods se reputasie voor en na sy in-die-bondel-verneukery. Maar in die Kaap waar ek die Argus begin lees het, het die skille verder van my oë geval. Dat dieselfde (min of meer) nuus op soveel verskillende wyses geïnterpreteer kon word, was net so ongelooflik soos Tiger Woods se fake publieke skulderkenning. So, waar lê die waarheid?
Hier in die UK is die nuus gróót: groot stories, groot geld en groot egos. Ek het aanvanklik die Daily Mail gelees met sy gesonde balans tussen nuus en skindernuus. Dis 'n poniekoerant so as jy 'n matig opgevoed is, is dit nie polities korrek om te erken dat jy dit lees (of geniet) nie, maar ek het. Tot ek begin moeg raak het vir hul eindelose negatiewe retoriek oor immigrasie
The great lie: How immigration actually costs Britain money and could cause huge social problems !!!!
en algemene regsheid.
Ek het die Independent (only bought by people advised by their doctor to avoid any form of excitement), Guardian (ook genoem The Graudian vanweë groot hoeveelheid drukfoute) en The Daily ToryTelegraph probeer, maar helaas, hulle het my eindeloos verveel. Nie een het genoeg prentjies nie, en jy het omtrent 'n graad van 'n Oxbridge Universiteit nodig om die artikels te ontleed. Hierdie koerante is streng bedoel vir mense wat The Economist in Suid-Afrika waardeer.
Op die ou end het ek op The Times besluit. As jy die Sunday Times koop, het jy vir die hele week leesstof. Die opinies is op-die-oog-af redelik objektief, en ek waardeer columnists soos Caitlin 'My glorious career? I won it in a competition' Moran en Rod Liddle. (Wat skryf oor Tiger Woods:
The most relentlessly boring man in the entire history of the world’s most boring game, golf, a man seemingly bereft of personality, hinterland, mischief, hidden depths — you name it, Tiger Woods doesn’t have it.)
Aangaande die waarheid, hmm, ek weet nog steeds nie. Galileo Galilei het gesê die waarheid is maklik verstaanbaar, maar die punt is om dit eers te ontdek. Verskoon my, ek moet verder gaan ondersoek instel...
Unknownnoreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-9925904098633694622010-08-07T05:22:00.000-07:002010-08-08T05:55:18.539-07:00BraaiWat mens in Skotland nodig het om 'n suksesvolle braai te hou:
Kies 'n dag wat die weerburo voorspel gaan nat en koud wees, want hulle is meestal eweredig omgekeerd verkeerd en daai dag mag die son dalk skyn. Sonskyn en bietjie wind is die best-case scenario. Acceptable-case scenario is geen reën en bietjie wind.
Besit verkieslik 'n beskutte gazebo of 'n konserwatorium waarin jou gaste kan skuil in geval van die worst-case scenario, naamlik reën, koue en wind. Moenie jou laat flous deur 'n sonnige begin nie, dit verander in 'n oogwink.
Maak seker jou braaiarea is beskut teen slegte weer. En dat genoemde area voldoen aan jou council se huidige reëls aangaande braai. Laat ook jou bure weet dat jy later as 9 pm gaan raas, maar in ons dorp met sy bogemiddelde kwota fietas kan jy sommer oor die heining skree as dinge te erg raak.
Hou 'n kamer in die huis beskikbaar met 'n dvd speler of 'n magdom PS3 speletjies vir die kinders, net ingeval.
Koop jou vleis by Aldi, hulle braaireekse is smaaklik en goedkoop. As jy boerewors wil bestel, gaan na die slagter op Kinross of vra my broer.
Maak seker jy koop regte braaikole lank voor die tyd, want as die eerste Somerbloeisels hul skugter verskyning maak, hou elke Skot, sy neef en neef se hond 'n barbie en word die kole uitverkoop.
Laasweek word ek en my familie genooi na 'n braai hier op ons dorp. Ons vriende, David en Janet, is van daai rare tipes met 'n sosiale gewete gebaseer op 'n opregte, onverklaarbare liefde vir hul medemens. Hulle het so paar jaar gelede begin om al hulle bure te nooi vir etes en speletjies, en dis 'n jaarlikse sukses. Ons is hierdie keer genooi, helaas nie omdat ons ook in die ryker beter deel van Kelty bly nie, ook nie oor my verbysterende vermoëns as roundersspeler nie, maar omdat hulle nuwe bure Suid-Afrikaners is. Waaaaaaaat?!! Hier in ons dorp? Regte-egte Suid-Afrikaners?! Wowza! Ons het 'n paar honde uit 'n bos gekuier, in Afrikaans, en ek en baba het intussen by hulle gaan kuier, pannekoek ingesluit.
En as die weer dit toelaat sal ons binnekort 'n braai hou.Unknownnoreply@blogger.com2tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-24526412786359845152010-07-15T04:20:00.000-07:002010-07-19T12:17:14.761-07:00Hoe anders is dit eintlik hier?Ek geniet Zoë Ferraris se boek The Night of the Mi'raj. Sy is 'n Amerikaner wat in San Francisco met 'n Moslem Bedouin getroud is, en het 'n jaar in Jeddah, Saudi Arabië, saam met hom deurgebring. Dis 'n roman gelaai met beskrywings van lewe agter die burqa-gordyn en vrek interessant. Vir 'n Westerling is dit onmoontlik om 'n wêreld voor te stel waar vrouens nie mag uitgaan sonder 'n man se toestemming nie, en nog erger, 'n lewe sonder bier.
Hoe anders is Skotland eintlik van Suid Afrika? 'n Populêre karikatuur van 'n Skot is 'n man met 'n gestreepte rokkie aan wat op 'n yslike berg staan en doedelsak blaas. Met 'n rooi neus van al die whisky om hom teen die koue te staaf. Of 'n yslike blou Mel Gibson-lookalike krygsman, half-nakend met 'n reusagtige swaard in die sneeu, in die proses om 'n armsalige Engelsman se kop af te tjop. Meeste Skotte lag vir die tipe stereotipisering en probeer hulself so ver as moontlik daarvan verwyder. Dis die ekwivalent van 'n Afrikaner wat volkspele doen, boereliedjies sing en arme swartes dwing om hulle eie toilette te gebruik. 'n Moderne Afrikaner wil niks daarmee uit te waai hê nie. Of so sê ons.
Maar onlangs was dit die laaste dag by my skool en dit was onder andere die S6 (hulle ekwivalent van Matrieks) se jaareindfunksie. Die byeenkoms was soos almal van sy soort, met belangrike mense wat vervelige motiverende toesprake lewer oor die toekoms terwyl almal eintlik wag vir die kos na die tyd. Maar die seremonie is afgesluit met al die ou leerlinge wat die saal verlaat op maat van 'n hartroerende doedelsakmelodie. (Nie op 'n cd gespeel nie, 'n regte speler, bygesê.) Die knop in my keel het hoog gestyg en ek kon iets begryp van die trots en erfenis van die Skotse kultuur.
Miskien as die Afrikanerkulttuur nog so paar honderd jaar oud is sal 'n trekklavierklank dieselfde effek op my nasate hê.Unknownnoreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-60283271735361018822010-05-16T08:47:00.000-07:002010-05-16T08:48:11.745-07:00Hoe eerlik kan mens wees?Hoe eerlik kan mens wees in so blog? Deesdae met bietjie inligting van Google maps en miskien 'n gelukskoot op Facebook kan enigiemand op aarde uitvind presies wie ek is, waar ek bly en hoeveel diefwering voor ons vensters is. My blog gee nog meer van ons weg en dit laat mens nogal ongemaklik voel. Die paranoia bestaan ook op die Web - kyk na die bohaai wat oor Facebook en 'n paniekknoppie opgeskop word.
In die regte lewe is daar mense wat jy ontmoet en binne die volgende 5 minute weet jy dat hulle
a) as kind diep verwond is,
b) gaan vir diepwater-aan-die-voet-oplig terapie,
c) 'n streng vegetariese dieet volg,
d) en vandag broos voel as gevolg van die maan se siklus.
En al wat jy dink is: huh?! Bly weg, bly weg.
Maar terselfdertyd is die webwerwe vol mense wat dinge in anonimiteit aan mekaar erken wat hul skynbaar nooit in die 'regte' lewe sou doen nie. So iewers moet die balans gevind word tussen om nie jou perels vir die varke gooi nie maar steeds eerlik te wees.
Die huidige verkiesingsveldtog en uiteindelike verklaring van 'n LibCon regering laat my verder wonder. David Cameron en Nick Clegg is nou best buddies, 'n skamele week nadat hulle mekaar as aartsvyande uitgekryt het. Maar dis net politiek, wat niks met die regte lewe te doen het nie. Unknownnoreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-77564183159943658552010-03-13T05:47:00.000-08:002010-03-13T06:39:28.817-08:00AfwesighedeDie lewe vat soms lang draaie. Nee, nee, wat 'n cliche. Eerder, die lewe gebeur en soms word mens saamgesleur sonder keuse. In die stroom is dit altyd beter om te ontspan en saam te dobber as om te spartel. Kom spring saam in die water.
Ek en my man is nou trotse, angstige ouers van 'n een-jarige babatjie genaamd Ben. In my agterkop het ek die fantasie gekoester dat moederskap 'n toestand van algehele genot met occasional hiccups is. Dat ek gaan blom op 'n nuwe wyse en tydens al die ure wat hy slaap pittige blogs oor moederskap gaan kwytraak. Haaaaaahahaha!!! (rol op die grond en lag histeries)
My ouma, ma en al die ander moeders wat ek ken was reg: daar is niks op aarde - of in die ruimte - wat jou op die mallemeule van ouerwees voorberei nie. Ek gaan nie eers uitbrei op die lang geboorte wat in 'n noodkeiser gekulmineer het nie, of die slapelose nagte wat helaas nog nie verby is nie. Dit is alles niks in vergelykig met die relentlessness van jou oorweldigende gevoelens vir die vreemdeling nie. 'n Oorweldiging van liefde, bekommernis, verwondering, angs, en kannie-ophou-kyk-na-my-kind nie. Nou nog knyp ons onsself en sê: dis ons s'n?!
Ek gaan ook nie tyd mors deur te koer oor hoe wonderlik dit is om 'n ma te wees nie, want, liewe leser, soms suig dit. Dis baie vervelig om dieselfde goed oor en oor te doen, en mens wag nogal lank voordat baba regtig begin terug kommunikeer. Vir 'n groot deel van die eerste jaar is dit 'n raaispel en net omdat jy ma of pa is maak jou raaiskote nie altyd reg nie. Ek sal ook nie aanbeveel om 'n baba te hê in die koudste winter wat Skotland nog getref het nie. Ten spyte van die wonderskone sneeu kon ons nie regtig met baba uitgaan nie, en phew, dit raak vervelig.
Haai sies, ek lees hierdie en voel skuldig dat ek so kla. Maar hello skuldgevoel, my skoonsuster sê dit peul so saam met die nageboorte uit. Erens het die kondome wat ons so getrou gebruik het in die asdrom beland, en wat 'n wonderlike besluit!
My broer se wors
'n Vis uit die water. Alienated.  Ek probeer aan goeie beskrywings dink om die gevoel van vreemdeling-wees in 'n ander land, wat mens soms beetpak, te beskryf. Dis nie soseer dat dinge soveel anders is nie: inteendeel, hoe meer ek van die wêreld sien, hoe meer gepas is die uitdrukking:
Plus ça change, plus c’est la même chose
Mense se basiese behoeftes, vrese en begeertes is eintlik orals dieselfde. Die boemelaar op straat is hier net so op die rand van die samelewing as die Bergies in Kaapstad. Die rykes hier pof hulself met dieselfde uitspattighede as die Sandton-tannies in Johannesburg op. En die middelklas van Edinburgh soek ook na iets beter vir die toekoms, nes die middelklas van Bloemfontein. Die verskil is dat almal in Suid-Afrika eie aan jou was, soos niemand hier ooit jóúne gaan wees nie. Die mislukkings van die rykes, armes en middelstes (ek kan steeds nie besluit waar ek inpas nie) was in Suid Afrika ten minste bekend. Hier gaan ons altyd anders wees.
Dis hoekom my broer en sy wors so welkom is. Nee, besluit hy, hy is lus vir regte boerewors en hy gaan dit self maak. My broer is 'n Steenbok maar ek het steeds gedink hy maak 'n grap. 'n Paar dae later kom die posman met 'n pakkie aan, en dis toe 'n outydse silwer vleismeultjie. Vir wors, sê my broer, met 'n glinster in sy oog. Ons het almal Vrydagaand in die kombuis vergader terwyl die proses ontvou. Hy het my ma gebel en die Internet geraadpleeg, en die goedgegeurde vleis is met die hulp van klein handjies deur die meule. Toe word die falliese kontrapsie om die wors mee te stop, aangesit. Teen hierdie tyd ruk die vuil grappies en insinuasies amper handuit. Die worsderm – van egte vark – is tydsaam gestop en daar eindig die proses met twee borde egte boerewors.
My broer was laas so trots met die geboorte van sy tweede dogter! En Sondag is die einste wors gebraai oor die kole … ek het hard aan die knop in my keel gesluk. Dit was meer as net wors, meer as net vleis, dit was 'n greep uit die verlede wat eintlik 'n ander land is.
Ek blameer my ma, een-honderd persent. En my pa, hy is net so skuldig. Hulle het my aangemoedig om boeke te lees soos PH Nortje se “Son”-reekse, en televisieprogramme soos Koöperasie Stories te kyk (dit nadat TV-kyk nie meer sonde was nie …). Ek is verder gebreinspoel met Toujours Provence en Babette's Feast - lieflike verhale van gemeenskappe en/of families wat saamwoon in lief en leed. Aan die een kant voer die meer nugtere kant van my brein aan dat sulke sketse 'n idealistiese hopie Kilo Alfa Kilo is, maar aan die ander kant, hmmm. Soek ons elkeen nie maar na so plekkie in die klein-gemeenskappie-son nie?
In Suid-Afrika was my gevoel van behoort nie aan 'n plek verbonde nie, eerder aan sekere mense. Ek het gereeld bekendes in Exclusive Books ontmoet, was op voornaam-terme met die eienares en span kelners van Café de la Derniẽre Rose, en het op 'n stadium die koek-spyskaart van die Grapevine uit my kop geken. Maar my soeke na die outentieke gemeenskapservaring, soos gesien in Jean de Florette, het reguit na Europa gelei, en toe land ek op die ou end in Engeland. Groot fout. Êrens op die Engelse platteland is daar sekerlik dorpies weggesteek waar die mense mekaar ken en bure resepte uitruil, maar waar ons gebly het was onpersoonlik en gejaagd - net soos die stede in Suid-Afrika.
In Skotland ontdek ons toevallig die dorpie Kelty; klein, soms vuilerig, maar groot van hart en skinderstories. Oppad na die biblioteek het ek en nuwe kennisse dikwels “a wee blether” (Skots vir geselsie aanknoop). In die agtertuin word ons weekliks deur die buurman met stories oor die dorp se doen en late vermaak. Ek ken al die tannies by die winkel se gesigte en kan ook nie meer by die kerk se liefdadigheidswinkel ingaan sonder om 'n paar minute daar te staan en kuier nie. Heerlik!
So gepraat van. Dit was Sondag en ons was op soek na kondome. En in die hele Kelty kon ons nie 'n enkele kondoom in die hande kry nie! Eerstens het ek en my man gestry oor wie eintlik die plesierpakkie moes gaan koop, want ek het gevoel hý moet, hy is 'n man en dis mos wat hulle doen, is dit nie?! Op die ou end is dit ek want hy het laas keer.
Ons het aan die een kant van die dorp begin, by die beknopte winkel doer in die hoek, verste van die kerk af. Toe ek vra vir kondome het die assistent haar oë 'n paar keer geknip.
"No, we don't sell them.”
Ek was vies, want ons leef in die een-en-twintigste eeu en hoe kan mens dan nie by 'n algemene handelaar in 'n eerstewêreldland 'n sterretjie-sterretjie-sterretjie pakkie kondome koop nie? Ons is summier na die volgende, grootste algemene handelaar op die dorp. In die rak by die toiletartikels kry ek ook niks en nader ek die tannie wat toevallig daar staan en rakke afstof.
“Excuse me, do you sell condoms?” Sy was min gespin.
“Aie, but I don't know whêrrre they arrre. With all the recent chaenges everaything is lying aboot. Whêt, let me look in the office.”
Na 'n paar minute kom sy terug, nee, sorrie, ek moet agter die toonbank vra. Ek staan in die ry en toe is dit my beurt.
“Nhêxt, please.” Groot stem, die antie.
Ek leun so half vooroor. “Do you have any condoms?” fluister ek.
“Wherre arrre the condoms?” roep sy dat dit deur die hele winkel weergalm. En soos een man draai almal in die plek om en staar. Na my. Die een wat kondome koop. Ek het effens verbouereerd na die meisie langs my gekyk, en sy het lekker begin lag. Dit terwyl die tannie met die groot stem op en af agter die toonbank loop, haar stem op sy hardste volume-stelling, op soek na die kondome.
Ek is op die ou end met leë hande daar uit, bietjie verleë en baie gefrustreerd (ha-ha!). Ek dink nie iemand van my kerk was daar nie, gelukkig. Ons sal maar vir volgende week oor die Internet ons inkopies doen.Unknownnoreply@blogger.com7tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-46549348348301250642008-01-19T01:44:00.001-08:002008-01-19T02:00:51.964-08:00Huise met verrassingsOns nuwe huis, wat eintlik nie meer so nuut voel nie, het allerlei geheime. Behalwe interessante 'nooks and crannies', het die vorige eienaar ook 'n paar verrassings van sy eie hier gelaat. Soos die rioleerstelsel wat regtig suig (pun intended), kamerdeure wat nie behoorlik toegemaak kan word nie en skewe vensters. My man ly aan regmaakkoors: elke oggend as hy wakker word, sien hy iets anders wat reggemaak moet word. Ek fantaseer meestal oor hoe die plek gaan lyk nadat hyons al die veranderinge aangebring het.
Maar die huis het 'n verhaal van sy eie, hoor ons by die bure. Ding-dong, lui die klokkie een aand gedurende die vakansie, en daar staan ons twee bure. Nee, wil hulle weet, is altwee ons katte veilig en in die huis? Want daar miaau 'n kat verskriklik agter in hulle tuin, en hulle wou net kom seker maak. Ons soek die katte, maar Minerva en Vos is soos gewoonlik opgekrul op die bed, vas aan die slaap. Katte is hier en snoesig; shame vir die arme katjie buite, maar wil hulle nie inkom vir koffie nie?
Hulle kyk vir mekaar en sy trek haar neus op, ag nee dankie, hulle het pas geëet.
Wat van 'n whiskey?
Weer 'n vlugtige kyk.
“Ja, dankie, dit sal lekker wees”, en daar sit ons almal 'n rukkie later en kuier met 'n smaaklike enkelmalt in die hand. Ons kort nog net 'n kaggel.
So deur die loop van die aand vertel Sandra - 'n kurator wat besig is met haar Meestersgraad in Museumkunde - ons die huis se geskiedenis. Toe Kelty nog 'n myndorpie was, aan die einde van die 19de eeu, is huise gebou waarin 'n paar families sommer saam in een huis gewoon het. Die toilet, kombuis en waskamer was aparte geboue en ons huis was 'n klein enkelvertrek waskamertjie, en na regte moes dit nooit 'n woonhuis geword het nie. Maar dit het, skelm so deur die jare en onderdeur die radar van die dorpsraad. 'n Paar jaar gelede gaan ons buur-tannie, wie se huis reg langs ons s'n is maar aan die straat kant, op 'n lang vakansie na Amerika. Sy vra die vorige-vorige-vorige eienaar van ons woning om asseblief 'n ogie oor haar huis te hou. Hy het nie net haar woning opgepas nie, maar toe sy na 'n paar maande terugkeer, het hy die grenslyn verskuif en 'n kombuis en voorportaal aangebou. Sonder om vir haar 'n woord te sê! Die tannie het, soos te verstane, amper 'n koronêr geskiet, maar die buurman, slinkse besigheidsman wat hy is, bied haar toe £500 kompensasie aan. Nou ja, in daai tyd was dit 'n aansienlike bedrag en die voorportaal en kombuis staan vandag nog.
Vorderingsverslag van die groot omskepping: hier is die verskil wat 'n pot verf aan 'n kamer kan maak:
VOOR
NA
Unknownnoreply@blogger.com4tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-28305880903491850362007-11-21T09:28:00.000-08:002007-11-21T09:31:44.707-08:00Herwaarts of derwaarts'Slegte dinge gebeur altyd in drieë' is een van daardie klassieke gesegdes wat iemand met te veel tyd en te min verbeelding uitdink. Maar die afgelope paar weke moes ek díe stelling nogal heroorweeg. Die goed wat onlangs gebeur het was nie soseer sleg nie, maar die stres wat dit teweeggebring het, was erg. Erg genoeg dat ek begin tel het:
1. fietsongeluk,
2. trek met 'n seer rug die naweek voor ek na lang siekebed terug werk toe moet keer,
3. ekstra stres by die werk aangesien ek vir so lank weg was.
En die familie is ver, dit raak reeds om 4:30 pm donker, daar is geen goedkoop handarbeid om met die trek te help nie (ons is groot DIY-ers), en...en...en. Drie se dinges. Ten spyte van die groot opwinding van die nuwe huis, was ons lewens die afgelope tyd rof gewees.
Dit het my laat wonder of die mens regtig veronderstel is om so baie verandering in een leeftyd te ondergaan. Vyftig jaar gelede se mens het oor die algemeen slegs een beroep per leeftyd beoefen, in een of twee huise gebly, getroud met een mens, en die huidige fenomeen van wêreldreis was in sy kinderskoene. Hoe anders verklaar mens dat positiewe dinge, soos om te trou, kinders te hê en om van huis te verwissel, ook tel onder die top tien stressors in die lewe?
Vrae daar gelaat, eie aan my goeie Afrikaanse gene word ook hierdie berg oorgesteek, en sit ek vanaand met 'n glasie whiskey in my eie sitkamer. Dis knus en warm hier binne terwyl die wind buite loei, en volgens die weerburo kan ons more sneeu verwag. Sneeu! Yoohoo! Ek kom tot die gevolgtrekking dat moelike dinge in 'n boomerang met goeies vasgevang is, en vir elke drie negatiewe sinne kan 'n hele paar goeies geskryf word.
Of soos die Skotte sal sê:
“Tak the bit an the buffet”Unknownnoreply@blogger.com5tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-76159531943531971172007-10-15T05:01:00.000-07:002007-10-15T06:25:04.769-07:00'n Huis van jou eieOns (ek en my man) het uiteindelik 'n huis gekoop. Daar is niks wat my so “groot” (soos in,'as ek eendag groot is') laat voel soos hierdie dramatiese stap nie. Trou? Ag nee wat, dit was maklik. Waar om te werk? Kinderspeletjies! Maar om 'n huis te koop is om 'n stelling te maak oor wie jy is, in konkrete terme, soos min ander dinge tot dusver.
Met ons aankoms in Skotland het ons 'n reusagtige huis gehuur. Met 'n tuin, 'n lieflike uitsig oor die Forth rivier én 'n garage, vir dieselfde prys as 'n eenslaapkamerwoonstel aan die verkeerde kant van die treinspoor naby Londen. Ek sou graag in Edinburgh wou woon, maar dis goedkoper aan die hierdie kant van die rivier, en ek het van die naam Fife gehou – ek speel immers fluit.
Die huiskoopstelsel in Skotland is 'n uitgerekte en gekompliseerde affêre. Eerstens kies jy 'n huis waarvan jy hou en maak 'n aanbod daarop. Die huis se prys is óf fixed (vasgestel) óf offers over (die minimum bedrag waarvoor die huis verkoop sal word). Jou aanbod word saam met x-aantal ander mense s’n ingedien en die eienaar kies die aanbod wat hom die meeste aanstaan. Glo my, huiseienaars kies ad lib. As hy of sy nie van jou prys/gesig/nasionaliteit/bank hou nie, tough. Gedurende die tyd wat jy 'n aanbod op huis A gemaak het, mag jy nie op enige ander eiendom 'n bod maak nie, dis onwettig. En die eienaars vat soms hulle tyd om jou te laat weet of jy suksesvol is of nie. Jy kan dus nie opgewonde raak oor jou voornemende plekkie in die Skotlandse reën son nie.
Na ure se soektogte op die Internet en 'n paar verskille wat die huweliksbootjie deur
stormagtige waters gestuur het, het ons hierdie huis gekies:
Die droomhuis, met sy lieflike klipmure en oudwêreldse sjarme. Sou al die vriende en familie liederlik met só huis kon jaloers maak. Maar die droomhuisie het net-in-jou-drome huisie geword: ons aanbod is nie aanvaar nie.
Na erge kopkrappery en besoeke aan veelvuldige eiendomme (wat nie aan ons groeiende lys van vereistes voldoen het nie), het ons uiteindelik hierdie huis ontdek. Minder verruklik as die vorige een, meer prakties en alledaags. En goedkoper.
Ons aanbod, wat buitesporig hoër as die voorgestelde prys was, was ook onsuksesvol. Een of ander cowboy het amper dubbel die bedrag vir die huis aangebied as waarvoor dit in die mark was! Ons het ons stelling dat eiendom in Skotland goedkoper as in Engeland is, heroorweeg. Die gekke eiendomspryse het saam met bek-en-klouseer oor die grens getrek.
En toe, heeltemal uit die bloute, kom ons op ons huis af. En die prys is “vas”, die koper haastig, en ons aanbod word aanvaar. Halleluja! Nou het ons 'n huis, wat só lyk:
Onkonvensioneel, prakties, ruim, alleenstaande, met 'n groot tuin en baie ruimte vir verbetering. En dít is wie ons is.Unknownnoreply@blogger.com233tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-57308427272709871282007-10-09T05:16:00.000-07:002007-10-13T09:57:47.712-07:00'n Traan vir Sonja
My ma stuur onlangs vir my 'n ou (Mei 2007) uitgawe van Sarie. Op die voorblad pryk Sonja Herholdt met haar neusring en pers hare. Alhoewel Sonja 'n ikoon van Afrikaanse vrouwees is, was sy deur die jare 'n objek van bespotting met haar hygende stemmetjie en soetsappige lirieke. Haar dramatiese makeover met moderne klere en 'n CD met die titel, van alle dinge, 'Reconstructing Alice', het my en my vriendinne oor ons koffiekoppies laat grinnik. Wie kan Sonja nou ernstig opneem? Behalwe derduisende Afrikaanse dames, gemeet aan hoeveel keer sy al op voorblaaie verskyn het.
My ma wou lankal vir my op Sarie inteken, veral noudat ek vêr in die vreemde woon, maar ek wou niks weet nie. Ek bly alreeds nie voor met die tydskrifte, boeke en uitstekende koerante wat hier beskikbaar is nie. Die tipe joernalistiek in Sarie kon my in die verlede tot in die afgrond frustreer, met artikels wat handel oor mense waarin ek nie belangstel nie en 'n voorkeur vir soetsappige taalgebruik. Verder, het ek my ma nukkerig ingelig, is ek gefrusteerd met die feit dat twee van Sarie se gereelde rubrieksrywers mans is. Is dit in die Afrikaanse vrou se psige ingebrand dat die man weet wat beter is? Bestaan daar dan nie ordentlike Afrikaanse vroulike stemme nie, of wil Sarie hulle net moedswillig nie ondersteun nie? Ensovoorts, ensovoorts, het ek gekeer.
Maar toe vertel my ma van hierdie spesifieke Sarie, en 'n snaakse ding gebeur: 'n gevoel van bleek verlange en nostalgie vir dié tydskrif pak my beet, en ek vra haar om dit asseblief aan te stuur. En vanoggend, terwyl ek op die bank Sonja se verhaal lees, soetsappige woorde en wroegings ingesluit, kruip daar waragtig 'n traan oor my wang. 'n Traan, nie net vir Sonja wat harde bene moes kou nie, maar vir 'n era, 'n bekende plek – waarmee ek soms uit die hoogte gek geskeer het - wat onherroeplik verby is. Die 'glorie' van Afrikaanse musiek wat Sonja met soveel gusto verteenwoordig het, was toe nooit so blink nie. Inteendeel, dit was 'n aborsie.
En ek gaan op Sarie inteken...Unknownnoreply@blogger.com4tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-37507870053052474502007-10-04T10:08:00.000-07:002007-10-04T10:35:58.482-07:00Hoekom juis Skotland, huh?Sommer.
Ek wou vanaf ek kan onthou in die buiteland woon. As tiener het ek en Ronelle, my beste vriendin, onsself ure met flieks en tydskrifstories oor die vreemde vermaak. Toe was alles van Europa beter, meer gesofistikeerd en eksoties as boring ou Suid-Afrika. Ek het Frans leer praat en musiek gaan swot met die doel voor oë om eendag oorsee te bly. Korstondige reise na Engeland, Frankryk, Duitsland en Switzerland het die lus vererger, en toe ek my man, Duan, ontmoet, was dit een van die eerste toetse wat hy moes slaag.
'Ek vrek oor jou, maar ek gaan binnekort oorsee, kom saam, asseblief?'
(En hy het, die engel, maar dis 'n ander storie)
Saam-saam het ons drie jaar gelede naby Londen opgeëindig, soos halfmiljoen ander Suid-Afrikaners. Ek het gewerk by een van daai skole waar die kinders tafels rondgooi en onderwysers vir ontbyt opvreet, (nog 'n ander storie), en maar op 'n stadium het ons besef: tot hiertoe en NIKS verder nie. Maar Skotland...hmmm, Skotland het potensiaal gehad.
Daar bestaan nie veel opsies vir Suid-Afrikaners wat in Engeland gestrand is nie. Baie gee oor en keer terug, ander hou uit en aan en tel die jare af tot die blêrrie 'indefinite leave to remain' en Britse paspoort. Ons wou nie die kosbare jare in Engeland versmaai nie, maar om langer in ons koutjie vir 'n woonstel opgeskeep te sit was ook nie meer 'n opsie nie.
En toe die lekker vakansie in Skotland...en die uitstekende werksvooruitsigte vir my en my man...en die goedkoop(er) huise...en spasie...en whiskey.
Hier sit ons nou.
Fàilte!Unknownnoreply@blogger.com2tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-30414396897248553082007-09-28T06:16:00.000-07:002007-10-13T09:58:37.182-07:00Nuwe begin in SkotlandHierdie is 'n artikel wat ook op Praag se webwerf te vinde is.
'n Afrikaner in Skotland - Deel 1: Die Goeie
'Soo, where yoo from, miss? Gêrmany?
Hulle hoor onmiddellik dat ek nie 'n Skot is nie.
'No, I'm from another continent.'
'Pooland?'
‘That's the saeme continent, yoo idiot!' roep iemand anders tot almal se vermaak. Ek skud my kop en rol my oë gemaak ongeduldig en geniet die nuwe aksent.
'It's in the southern hemisphere,' gee ek hulle nog 'n leidraad.
'Mexico! Amaêrica! Austraêlia!...'
Tot iemand uiteindelik reg raai. 'Africa!'
'Well done! I'm from South Africa.'
'n Silte daal oor die klas neer en 'n outjie steek sy hand op.
'Hoe come yoo're white if yoo're from Africa?'
Op daardie oomblik het ek geweet: Skotland gaan 'n tuiste word.
Ons het aanvanklik besluit om Noord te trek as gevolg van die oorbevolking in Engeland. Dit, eerder as die hoë lewenskoste en besoedeling naby Londen, het ons gemotiveer om onsself weer eens te ontwortel. My man begeer al jare lank om in Skotland te woon, waarskynlik as gevolg van fantasieë oor die wilde Vikings en die oorvloed van enkel-malt whiskey. Na 'n kort vakansie in Edinburgh en Fife, het die skoonheid en andersheid van die omgewing my ook oorweldig en dit was nie moeilik om die finale besluit te neem nie. En hier is ons nou!
Ek het begin werk soek en moes weer van voor af goedkeuring kry om onderwys te gee. Mens sou dink my kwalifikasies en blink-nuwe Engelse onderwysregistrasie sou genoeg wees, maar nee. Die Skotte vertrou hulle bure omtrent net soveel soos 'n skaap 'n honger wolf en dus moes ek opnuut aansoek doen vir onderwysregistrasie. Enige voornemende onderwyser wat belangstel om hier te kom werk kan gerus kennis neem van die feit dat die Skotse registrasieproses soveel meer gebruikersvriendelik is as díé van Engeland, veral vir Suid-Afrikaners.
Die komplekse verhouding tussen die Engelse en Skotte is vir my as buitestaander 'n bron van vermaak - seker vergelykbaar met die gekibbel tussen die Transvalers en Kapenaars. Vandat ons ons planne om na Skotland te verhuis bekend gemaak het, het ons Engelse vriende luidkeels hulle misnoeë te kenne gegee. Dit sou meer aanvaarbaar wees om na Suid-Afrika terug te keer, maar Skotland toe?!
'It's too cold there, you're crazy!'
'Uh, you know, we are from South Africa, the weather is kind of relative,' het ek probeer verduidelik.
Maar hulle het gedink ons is van lotjie getik, behalwe die enkelinge wat hou van golf en rugby. Vir hulle het die skuif min of meer sin gemaak. Een van my kollegas het my in haar deftige aksent meegedeel dat die Skotte agterlik is, maar aangesien ons van Afrika kom sou ons miskien tuis voel … A-hemmm!!! Dat ‘n opgevoede persoon so stompsinnig kan wees gaan my verstand te bowe, maar soms kan die Engelse te veel van hulself dink. (Nes die Kapenaars.)
Die meeste Engelse dink nie veel van hulle Skotse bure nie, en dit wil voorkom of die gevoel wederkerig is. Die antagonisme is geskiedkundig van aard: 'n eeu-oue stryd om land, godsdiens en rykdom, en dit ten spyte van bykans identiese genetiese oorsprong. Klink dit bekend? Om Steven Spielberg losweg aan te haal: 'Same shit, different country.'
Die mees opvallende kenmerk van die Skotte is hulle gemoedelikheid en/of sin vir humor. Nie die geforseerde jovialiteit van die Amerikaners, wat jou omhels en onmiddelik jou naam vergeet nie, maar 'n opregte belangstelling in mens as individu. Die inboorlinge is van nature gasvry en hulpvaardig. Nuuskierig ook; as buitestaander is dit lekker as iemand in jou belangstel. In die klaskamer, in die winkels en by die veearts word ek steeds uitgevra waar ek vandaan kom, van presies watter deel in Suid-Afrika, waarom ons in Skotland woon, en die vraagsteller het gewoonlik 'n eie brokkie nuus oor of perspektief op Suid-Afrika. In gesprekke van geskiedkundige en politieke aard is dit duidelik dat die Skotte en die Afrikaners baie in gemeen het: hulle het tydens die 'Highland Clearances' in die laat 18de eeu hulle eie apartheid deurleef, hulle belewenis van die inmengery en geboelie deur die Engelse, en die interne debatte en konflikte rondom godsdiens en nasionale identiteit wat vandag steeds voortduur. Raakpunte soos hierdie lei daartoe dat ons empatie met mekaar het.
Ons woon al amper vier maande hier. My Skotse aksent verbeter daagliks - volgens my kollegas - want elke dan en wan glip vreemde woorde soos 'wee' en 'aie' uit. Ons is gelukkig hier, beplan nie om na ons Moederland terug te keer nie. Hierdie unieke volk, met hulle misterieuse voorvaders en kleurvolle geskiedenis, begin wortel skiet in ons harte.
'For that is the mark of the Scots of all classes:
that he stands in an attitude towards the past
unthinkable to Englishmen, and remembers and
cherishes the memory of his forebears, good or
bad; and there burns alive in him a sense of identity
with the dead even to the twentieth generation.'
Robert Louis Stevenson
Voordat Skotland egter soos ‘n nuwe Utopia klink, sal ek in my volgende bydra ook minder aangename ervaringe deel - van spelfoute in koerante tot ongepoetste skoolseuns.Unknownnoreply@blogger.com4tag:blogger.com,1999:blog-4959111742818031210.post-66352141625814512712007-09-27T05:33:00.001-07:002007-09-27T05:34:59.338-07:00Hier in SkotlandDIe tyd het ryp geword om in Afrikaans te begin blog. En hier is die resultaat. My ma en man dink ek skryf beter in Engels, maar ek wil tog iets in die moedertaal op die net publiseer.
Gaan nou eers moet uitwerk hoe om al die kappie-e's ens te doen.Unknownnoreply@blogger.com0