Wednesday 6 July 2011

Friends with benefits

Die welsynstelsel in die UK is om van mal te raak as jy uit 'n land soos Suid Afrika kom.  Kan jy jouself indink, dat die regering vir mense kos, klere, blyplek, geld én sefls dwelmmiddels gee as jy 'onbevoeg' is.  Die welsynstelsel is ook ongelukkig een van die redes hoekom die Britte deesdae so ontevrede met immigrante is.  'n Onlangse nuusopskrif lui:

British to jump housing queue-Councils in the UK will be allowed to give local people priority ahead of immigrants in a shake-up of the way homes are allocated


Na aanleiding hiervan word die indruk geskep dat arme Britte honger, dors en dakloos gelos word terwyl slegte, ondankbare, lui immigrante al die voordele voor hulle inheemse neuse wegraap.  Nie heeltemal nie.

Ons is nou al ses jaar in die UK, en ons kwalifiseer nie vir 'n enkele benefit nie.  Ons kan nie 'n huis van die council kry nie, ook nie elke maand 'n kindertoelaag nie (ja, régtig!  Hoe's dit vir n incentive om kinders te kry.  En as jy 'n enkelouer met 'n baba is, kry jy amper onmiddellik council housing.)  Ons kry ook nie spesiale afslag by universiteite nie, en....


Ek het nie regtig 'n probleem met die feit dat ons nie vir hierdie voordele kwalifiseer nie-ons is nog steeds tot 'n groot mate dankbaar vir die geleentheid om hier te kan leef en werk.  Wat my keer op keer opval is hoe ons goed-opgevoede vriende onder die indruk is dat ons wel al dieselfde benefits as hulle kry.  Meeste is eers geskok en dan outraged, ek meen, hoe kan goeie, bydraende, opgevoede, wel....NICE mense soos ons nie benefits kry nie??!!

Ons ken ook 'n egpaar wat 'n lewe maak uit fostering.  Hulle het drie van hulle eie kinders, maar hulle maak hulle bestaan deur vir fosterkinders te sorg.  'n Goeie ding, en hulle is goeie mense, maar hulle kry 'n ongelooflike hoeveelheid ponde elke maand om na afwisselende groepe kinders om te sien.  Die man, Flip*, is nogal stewig, ahem, kug-kug.  Maar onlangs hier vir 'n besoek vanuit hulle huis op een van die eilande, daag hy op, skraal en stralend.
"Sjoe, hy lyk goed," mompel K, my skoonsuster.
"Ja, hel, wonder wat hy gedoen het?!" mompel ek terug en vat onwillekeurig aan die slap maagvelle wat maar net nie wil skuif na die baba se geboorte nie.
Ons kyk altwee na hom met afguns en wens ons het die selfbeheersing om so drasties te oefen en dieet, obviously, om soveel gewig te verloor.
'n Paar dae later bel K my.
"Flip, jy weet, wat so verslank het?" vra sy, "Weet jy hoe het hy dit reggekry?"
"Oefening, dieetverandering, power of positive tinkering?" wonder ek.
"Uh-uh," kekkel sy.  "Hy het vir 'n stomach reduction operasie gegaan in België!!!"
Een van die dae gaan mens dit ook op benefits kry.

3 comments:

Anonymous said...

Dir is so waar! Dis ne jammer dat die Britte so lui weg steek, as hul miskien self biejie begin die werk doen wat die uitlanders so knap taakel sal hul minder uithandigings nodig kry! Maar dis seker te veel ge vra....

Anonymous said...

Hahahaha....jou paspoort is nie die regte kleur nie en het ook nie al die voordele van die Turke en ander uitheemse mense ongediertes nie. Dis hoekom die Duitsers ook die hel in raak. Die staat lek die gatte van ander maar steek hulle eie in die rug. Dit is die orde van die dag hier, en die lewe is so geordend soos ´n moderne miershoop.

Lucile said...

Hello,

I'm a French student in my last year of Master, studying in Paris in La Sorbonne.

I'm interested in South Africans living in the UK.

To be more precise, I'm interested in South Africans still speaking Afrikaans. I would like to see how strong the link with their roots and their language is.

I'm studying their language from the media point of view. And I would like to know if those people first still speak Afrikaans, and second if they could be interested in having a TV channel broadcasted in Afrikaans in the UK.

To reach that community and know more about their practice of Afrikaans, I would like to have your opinion on the topic.

I've already contacted another blogger, Alexander, who told me to contact you.
I would like to know if you have an idea of the proportion of South Africans living in Scotland, and the proportion of these people who speak Afrikaans.

Also, I would like to know if it is possible to adress your followers with a short survey (6 questions), to get to know them.

I hope to get an answer from you, and thank you for your time.

Lucile
lucile.aicart@gmail.com