Hier in die UK is die nuus gróót: groot stories, groot geld en groot egos. Ek het aanvanklik die Daily Mail gelees met sy gesonde balans tussen nuus en skindernuus. Dis 'n poniekoerant so as jy 'n matig opgevoed is, is dit nie polities korrek om te erken dat jy dit lees (of geniet) nie, maar ek het. Tot ek begin moeg raak het vir hul eindelose negatiewe retoriek oor immigrasie
The great lie: How immigration actually costs Britain money and could cause huge social problems !!!!
en algemene regsheid.
Ek het die Independent (only bought by people advised by their doctor to avoid any form of excitement), Guardian (ook genoem The Graudian vanweë groot hoeveelheid drukfoute) en The Daily
Op die ou end het ek op The Times besluit. As jy die Sunday Times koop, het jy vir die hele week leesstof. Die opinies is op-die-oog-af redelik objektief, en ek waardeer columnists soos Caitlin 'My glorious career? I won it in a competition' Moran en Rod Liddle. (Wat skryf oor Tiger Woods:
The most relentlessly boring man in the entire history of the world’s most boring game, golf, a man seemingly bereft of personality, hinterland, mischief, hidden depths — you name it, Tiger Woods doesn’t have it.)
Aangaande die waarheid, hmm, ek weet nog steeds nie. Galileo Galilei het gesê die waarheid is maklik verstaanbaar, maar die punt is om dit eers te ontdek. Verskoon my, ek moet verder gaan ondersoek instel...
1 comment:
Behalwe vir my eerste koerant wat ek in London gekoop het, het ek vinnig vir The Times geval. Praat van waarde vir jou geld! Daarna sou geen ander land se koerant vir my tevrede stel nie. Reg, miskien die Burger, maar dis omdat ek lief is vir Afrikaans. Maar mensig, The Times is in 'n klas van sy eie.
My eerste koerant was The Sun. Daar sit ek, jong boerseuntjie, met the Sun op my skoot in 'n bus en maak dit oop. Liewe Langenhoven! Ek het nog nooit so gebloos nie. Tannies links van my, kinders regs van my. Borste voor my. Wat 'n perv!
Post a Comment